Trisha Morgan waai ’n vlaggie vir Amerika



Mariëtte Snyder
Die Verenigde State van Amerika het Maandag, 4 Julie Onafhanklikheidsdag gevier, maar vir party Amerikaners in Polokwane het die triestige weer hulle daarvan weerhou om die feesvure hoog te laat brand.
Onafhanklikheidsdag word sedert 1776 in Amerika gevier te herdenking van die aanvaar­ding van die Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State waarmee die land die koloniale bewind van Groot-Brittanje afgeskud het.
Me Trisha Morgan, Body for Life-aanbieder van La Vita Health Club het sewe jaar gelede Kalifornië vir Polokwane verruil.
Sy sê al is hulle in Suid-Afrika is dié dag steeds vir hulle ‘n hoogtepunt en word dit behoorlik gevier.
Vanjaar het die koue ‘n stokkie voor hul gebruik gesteek om as familie bymekaar te kom vir ‘n heerlike braai gevolg deur ‘n vuurwerkvertoning.
"Sulke tye mis ek my geboorteland. Suid-Afrika is ‘n wonderlike plek en Polokwane my nuwe huis," sê Morgan.