Tommies se netbal- en rugbyhelde

Polokwane Observer story image - 26 June, 2009 - 09:13

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se o.15 A-netbalspan het onlangs as Limpopo-naaswenners uit die stryd getree en is die eerste span in die geskiedenis van die skool om in die A-liga as naaswenners van die Limpopo Kampioenskappe deur te dring. Die span sal van 31 Julie tot 1 Augustus deelneem aan die Netball School Festival wat by die Hoërskool EG Jansen in Boksburg gehou word. Van links is Christene Steyn, Jaslin Harmse, Tessa Wood, Sebushi Kgomo, Kayleigh Spann (kaptein), Chane Lourens en Renelwi Phahlane. Charlene Vercueil was afwesig.

Tommies se o.14 A-rugbyspan het Saterdag teen die Hoërskool Pietersburg te staan gekom en hul opponente kous oor die kop huis toe gestuur na ‘n oorwinning van 14-10. Tommies dring deur na die provinsiale eindronde wat op 25 Julie op hul tuisveld gespeel word. Voor is Dewald Naudé (spanbestuurder), Arne Bochnig, ds Carel Grundlingh (afrigter), Muller Coetzee, mnre Calie van der Walt, Piere Coetzee (borg) en Freek van Zyl (spanbestuurder). Middel: Evan Jacobs, Kgothatso Phoeko, Ockert Vercuil, Hannes Janse van Rensburg, Nico van Zyl, Eben Verster, Chris Alkema, Pitso Mogorosi en Niel Viljoen. Agter: Jason du Plessis, Evan van Niekerk, Rikus du Preez, Werner Coetzee, Chris Joubert, Johan du Preez, James Schambriel, Rikus Korff, Godfrey Seleka en Johan Smit. Ricardo de Villiers en Wessel Stone was afwesig.

Foto’s: Voorsien