Survivor-ontbyt om vroue te inspireer


Mariëtte Snyder
Hykie Berg, bekroonde akteur en Survivor 2011-wenner en plaaslike sakevrou, Mboya Simango gaan vroue in die stad tydens Vrouemaand inspireer.
‘n Vroue-ontbyt wat deur die Vereniging vir Persone met Ge-stremdhede gereël word vind op 5 Augustus by Café Pavilion plaas.
Berg is bekend vir sy positiewe lewensuitkyk en gaan vroue toerus met genoeg skietgoed om die lewe kaalhande aan te pak.
Simango het haar suksesvolle besighede met niks begin en sal haar suksesresep met die vroue deel.
In 1999 het sy die deure van haar eerste Postnet-winkel geopen en spog vandag met agt suksesvolle winkels.
Nasionale Vrouemaand word Augustus landwyd gevier. Met dié ontbyt kan vroue in die stad na hope inspirasie uitsien.
Café Pavilion se smullekker ontbyt word na die verrigtinge aangebied.
Kaartjies beloop R150 per persoon met slegs 300 sitplekke beskikbaar.
Vir kaartjies en volledige besonderhede, skakel me Eve Steven by 015 291 1788.