Sokkerkoors!


Dis eindelik hier! Onthou jy nog die advertensie: "Will you be there?" wat jare gelede al gevra het of ons almal hier sal wees teen afskoptyd? In elk geval lyk dit of ek en jy die groot dag gaan haal! Het jy al geleer vuvuzela blaas? Ek moet erken, ek het nie een nie en sal ook nie een aanskaf nie. Ek hoor hulle sê: "As dit te moeilik vir jou is, is jy te oud!" Dis dan seker maar ek.

My jongste het een wat sy moes aanskaf vir die skool se revue. Sy maak onaardse geluide in die agterplaas as haar pa nie tuis is nie. Hulle het glad al ‘n sokkermiddag by die skool gehad met luide gejuig, revue-optrede en minisokker.

Toe ons destyds die bod gewen het, het ek ook eers gewonder of ons die pyp gaan rook. Het jy al Koos Kombuis se "€$&**!!hol"-song gehoor? Maar alles is skynbaar klaar gebou en gereed. ‘n Vriendin van my het al sjampanje op die Gautrein gedrink en die Franse kla oor ‘n te luukse hotel! Dit lyk my ons gaan dit maak. Selfs Bafana Bafana is fiks en gereed vir aksie!

Realiteite het egter al die gasvryheidsbe­dryf getref met duisende beddens wat leeg staan. Die derduisende besoekers waarvoor baie mense hulself in die skuld gedompel het, gaan blykbaar nie realiseer nie. Mense wêreldwyd word skynbaar ook geknou deur die steeds sukkelende ekonomie.  Hulle is bang om op ‘n vliegtuig te klim in geval van terreuraanvalle. Mense is nie lus om vertrap te word op die lughawe of by die stadions nie en wie weet, miskien is hulle ook te oud vir die lawaai. Selfs Madiba wil eerder tuis sit en kyk.

Ek voel jammer vir mense wat beslis nie hul geld gaan terugkry as dit kom by akkommodasie en eet- en drinkgoed nie en voel jammer vir die mense wat nie gaan geld maak nie omdat gewone Suid-Afrikaners hierdie vakansie blykbaar so te sê almal met Jan Tuisbly se karretjie gaan ry.

En dan is daar nog die kwessie van die wêreldbeker vir gestremdes. Ek het nog niks vanjaar daaroor gehoor nie. Maar dis ‘n feit dat ander gasheerlande na afloop van die wêreldbeker ‘n soortgelyke toernooi vir gestremdes aanbied, met die grootste gedeelte van die rekening vir die gasheerland se sak.

Net die tyd sal leer watter gat (of is dit nou kat) in die sak die wêreldbeker vir ons gaan laat. Anders as sommige ekonome, voel ek die regering moet maar help dat klein onderneminkies nie ondergaan nie. Die gasvryheidsbedryf moet ‘n nasionale strategie uitwerk en nie probeer om elke sent so vinnig moontlik weer terug te maak nie. Ek glo dat ons met realistiese planne die ding kan oorleef.

Intussen kan ons almal maar vir ‘n maand aan sokkerkoors ly. Vang ‘n bietjie gees! Raak opgewonde omdat van die wêreld se grootste sportsterre in plekke soos Magaliesburg en George woon en hier in ons eie Polokwane kom speel!  Jy hoef nie ‘n kaartjie te koop nie. Ek was immers ook nie by die rugbyw

Maar dis alles reg as die algemene temperatuur van die land effe styg. Dis 2010 en ek en jy is albei hier! Gaan Bafana!!!

êreldbekerwedstryde nie. Jy hoef geen lawaai te maak nie.