Danél Esterhuysen Limpopo se veediefstaleenheid het Woensdagoggend groot sukses behaal toe hulle vier mans in hegtenis geneem het wat na bewe-ring op pad was om renosterhorings by ‘n natuurreservaat te stroop. Die vier verdagtes, drie Mosambiekers en ‘n Zimbabwiër, is omstreeks 10:00 vasgetrek nadat die veediefstaleenheid inligting oor die beplande stropery van renosterhorings by die Dinyala Natuurreservaat ontvang het. Daar was na bewering vroeër vanjaar gerugte oor ‘n be-plande stropery by die reservaat en die polisie het dié sindikaat ‘n tyd lank gemonitor. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, lt kol Ronel Otto het die polisie ‘n lokval vir die verdagtes gestel en is hulle in ‘n padblokkade vasgetrek. "Ons (die polisie) het beslag gelê op ‘n byl, sowel as ‘n 303-jaggeweer wat vroeër vanjaar in die Kameeldrift-omgewing gesteel is," het Otto bevestig. Dié sukses volg slegs sowat twee weke nadat die polisie nog vyf mans op private myngrond waar talle renosters loop, in hegtenis geneem het. Volgens inligting het werkers op die plaas "vreemde spore"
Daar is ook op byle, ‘n 303-jaggeweer, ‘n 308-jaggeweer, ammunisie en ‘n voertuig beslag gelê. Verdere ondersoeke het ook onthul dat die verdagtes met talle huisrooftogte waar onder meer jaggewere, ammunisie en kragopwekkers gesteel is, verbind word. Dié verdagtes het reeds in die landddroshof verskyn en bly in aanhouding terwyl ondersoeke voortduur. Die ander vier verdagtes verskyn Donderdag in die hof. Renosterstropery het onlangs opnuut onder die soeklig gekom nadat twee witrenosters op die Inkwe Valley Game Ranch in die Mookgophong-area doodgeskiet is. Streng veiligheidsmaatreëls is in plek om die diere te beskerm, maar was in daardie geval blykbaar nie voldoende om die sinnelose slagting te keer nie. Dit is juis as gevolg hiervan dat die polisie uit alle oorde geloof word vir hul ondersoek en suksesvolle inhegtenisname van vermeende wildstropers.
opgemerk en die polisie se vee-diefstaleenheid in kennis gestel wat op hul beurt hulle spoorsnyers en helikopters na die plaas gestuur het vir ondersoek. "Die polisie se spoorsnyers het die spore op die plaas gevolg en op vyf mans, almal Zimbabwiërs, afgekom wat glo op die plaas onwettig renos-ters wou jag," het Otto gesê.


