
Mariëtte van de Werken Die Polokwane 4x4-klub het Saterdag ‘n interklubkompetisie aangebied waartydens motorsportgeesdriftiges die waagmoed en avontuurlus van die talle deelnemers uit Limpopo terdeë geniet het. Deelnemers het in standaard-, gemodifiseerde- en supergemodifiseerde klas deelgeneem. Die plaaslike Polokwane 4x4-klub het as algehele wenners uit die stryd getree. Uitslae: Standaardklas: 1- At Botha (852); Mokopane, 2- Peter du Preez (790) – Polokwane; en 3- Hannes Barnes (574), Louis Trichardt. In die gemodifiseerde klas het deelnemers van Polokwane in al drie plekke koning gekraai. 1- Izak Strydom (740), 2 - Riaan Grobler (708) en 3 - Andre Venter (640). Die eerste drie plekke in die supergemo-difiseerde klas is ook deur ryers van Polokwane. 1 - Peter Landman (830), 2 - Wikus Durant (812) en 3 - Leon Uys (520). Die Polokwane 4x4-klub bedank die borge wat bygedra het tot die sukses van die dag.


