
Danél Esterhuysen
Die plaaslike matrikulant en model van Elite Models, Tania Gilfillan het verlede week in die Huisgenoot gepronk tydens die bekendstelling van dié bekende tydskrif se herfsklerereeks in Kaapstad.
Gilfillan, ‘n leerder van die Hoërskool Pietersburg het al talle internasionale fotosessies in onder andere Sanya,China gedoen. Sy is ook in 2008 as die Suid-Afrikaanse wenner van die internasionale Elite Model Look skoonheidskompetisie bekroon.
Gilfillan is deur ander internasionale modelagentskappe genooi om vroeg volgende jaar vir ‘n onbepaalde tyd in New York, Amerika modelwerk te doen. "Ek sal eers later besluit of ek voltyds modelwerk wil doen na skool, maar ek stel ook daarin belang om aan die Universiteit van Stellenbosch kommunikasiekunde of sielkunde te studeer," vertel sy.


