Plaaslike lede wen hokgevegte



MARIIÉTTE SNYDER
Twee Guts and Glory Mixed Martial Arts-klublede het tydens die onlangse Rise of the Warrior X – Peermont hokgeveguitdaag in Secunda hul goed onderskei en as wenners geseëvier.
Frederich Naumann, 77 kg het in die tweede rondte van die geveg gewen en Pierre Botha, 70 kg het in die eerste rondte met ‘n tegniese uitklophou gewen.
Dit was die klub se tweede gemengde gevegskuns-kompetisie waarin hulle welslae behaal.

Foto’s: Voorsien
Links: Pierre Botha, 70 kg het in die eerste rondte van die onlangse Rise of the Warrior X-Peermont hokgeveg-uitdaging met ‘n verwoestende uitklophou gewen.
Regs: Frederich Naumann, 77 kg het die tweede rondte van sy geveg gewen.