PHS vier 89ste verjaarsdag



Mariëtte van de Werken

 

Die Hoërskool Pietersburg (PHS) het Vrydag hul 89ste verjaarsdag met swier gevier. Die leerders het met partytjiehoedjies en fluitjies by die skool opgedaag en heerlik in die feesvieringe gedeel. BB Auto het vir ‘n groot verjaarsdaggeskenk gesorg toe hulle R40 000- afslag op ‘n splinternuwe bakkie aan die skool gegee het. Die groep het ook pette aan die eerste rugbyspanspelers oorhandig.