
Danél Esterhuysen
Die Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkiespelers het Saterdag skoonskip gemaak tydens die Limpopo-finale.
PHS het altesaam 23 doele aangeteken teenoor die sewe van hul teenstanders en was ook die enigste skool in die provinsie wie se spanne almal tydens die finaal meegeding het.
PHS se A-spanne en die eerste-span, wat naelskraap teen die Hoërskool Merensky verloor het, dring na die Noordvaal-toernooi deur wat ná die skoolvakansie afskop. Volledige uitslae is as volg:
o.14 A wen Ben Vorster 6 – 1
o.14 B gelykop teen Ben Vorster 1 – 1
o.15 A wen Ben Vorster 2 – 1
o.15 B gelykop teen Ben Vorster 0 – 0
o.16 A wen Merensky 9 – 0
o.16 B wen Ben Vorster 2 – 0
Derde span verloor 1 – 3 teen Merensky, tweede span wen Ben Vorster 3 – 0
Eerste span verloor 0 – 1 teen Hoërskool Merensky


