Oosskool

Polokwane Observer staan steeds by sy standpunt dat die plasing van die berig oor die verengelsing van Oosskool nodig was en dat die koerant sy plig sou versuim as dit nie gepubliseer was nie.
Ons vra ook nie om verskoning dat ons die identiteit van ons bron beskerm nie, dit is immers internasionale joernalistieke beleid. Die bron is in hierdie geval van weinig belang. Wat van uiterste belang is, is die inhoud van die brief. Die ANC is die rege-ring, provinsiaal en nasionaal, kan beleid nou of in die toekoms verander.
En wanneer briewe van hierdie senstiewe aard in ANC-kringe die rondte doen, is dit van openbare belang.
Ons is jammer as die berig mense ontstel het, maar as die medialeier in Polokwane, is dit deel van ons mandaat om ook sensitiewe nuus te publiseer.
Die koerant jaag nie sensasie na nie - ons is ‘n vriend en vennoot van die skool, die leer-ders en die ouergemeenskap. Die stelling in die ouerbrief dat die berig "waarskynlik kwaadwillig" was, word betreur.