Onbewoonde huis in vlamme



RC Myburgh

 

‘n Onbewoonde huurhuis het Maandagoggend op ‘n onverklaarbare wyse aan die brand ge-raak. Die huis, in 57A Rissikstraat, se elek-triese kabels is gesteel en dit is in ‘n algemene swak toestand.

In die motorhuis het ‘n onpadwaardige motor gestaan. Nooddienspersoneel was op die toneel om die vlamme te blus. Die polisie het ook die toneel ondersoek om vas te stel of die Toyota Corolla met registrasienommer LHZ 660 GP gesteel is. Volgens ‘n omstander wil dit voorkom of daar telkens ongerymdhede in die huis plaasvind. Daar is ook ‘n onbevestigde vermoede dat daar dwelms uit die huis verkoop word.

Brandweerpersoneel het gesê die oorsaak van die brand is nog onbekend en die saak word ondersoek. Nie die hoof van kommunikasie, lt kol Moatshe Ngoepe of kommunikasiebeampte, kapt Mohlaka Mashiane is bewus van die voorval nie, maar sê die saak sal wel ondersoek word.