Onbeskaamd eersdaags in stad

Dia van Staden
Die baie bekende gospelgroep, Onbeskaamd, tree op Saterdag 27 Februarie om 19:00 by die NG Kerk Pietersburg-Noord in Dorpstraat op.
Hulle nuutste toevoeging tot elke gospelmusiek-liefhebber se rak is Onbeskaamd Live. Die eerste snit op die album is, ’n Nuwe generasie, waar hulle die jeug as brandend vir God uitbeeld.
Liedere soos, Ek wil gereed wees en vele ander sal ingesluit word in die energieke konsert. Kaartjies beloop R25 per persoon en kan by die deur verkry word.
Skakel die kerkkantoor by 015 287 9700 vir navrae.

Borreltyd sluit die volgende op hul program in:

• 27 Februarie - Onbeskaamd.
• 4 Maart om 15:00 - Borrel met Woorde skryfkompetisie finaal vir die poppekas deur graad 4 tot 8 leerders.
• 5 Maart - Borrel op Note geestelike sangkompetisie-finaal
• 6 Maart om 09:30 - ‘n Vriendinne-oggend met Gisela de Villiers as gaskunstenaar.
• 12 Maart om 15:00 - Poppetee vir dogters en hul poppe.