
Mariëtte van de Werken Die Lionsklub van Pietersburg het Saterdagaand tydens ‘n swierige funksie by die Pietersburgklub hul nuwe president, mnr Barend Swart (35) ingehuldig. Prominente persone in die stad het die tradisieryke funksie bygewoon en die aand terdeë geniet. Die Lions se hoogste huma-nitêre eerbewys, die Melvin Jones-toekenning, is aan me Marina van Eeden oorhandig vir 50 jaar onbaatsugtige diens aan gestremdes in die provinsie. Die uittredende president, me Cornelia Swart, wat drie termyne as voorsitter gedien het, het diep spore in die klub se geskiedenis getrap. Swart sal vanjaar weer op die projekte fokus om brille aan behoeftiges te voorsien en minderbevoorregte mense en hul kinders te ondersteun. "Kinders lê my na aan die hart. Ek sal berge versit om hul omstandighede te help verander," sê hy. Hy is sedert 2001 ‘n lid van die klub en sy passie vir sy medemens sal van hom ‘n waardige president maak.


