Northern Academy bederf hul hoof


Mariëtte van de Werken - Toe dr Sonia du Plessis, skoolhoof van Northern Academy Secondary School, onlangs op haar vyftigste verjaarsdag by haar huis uitstap, het sy besef dit gaan geen gewone dag vir haar wees nie. ‘n Jongman op ‘n Harley Davidson-mo-torfiets het buite gewag en haar na die Po-lokwane Internasionale Lughawe geneem. Tot haar groot verbasing is sy beveel om haar in ‘n vliegtuig tuis te maak vir ‘n draai oor die stad. Die vliegtuig het drie keer bo die skoolgebou gesirkel en Du Plessis kon trots afkyk op die leerders wat, elkeen met ‘n ballon in die hand, HAPPY 50 uitgespel het. Onder luide toejuiging van 3 500 leerders het sy daarna die skoolterrein al galoppende op ‘n perd se rug ingery. Die dag is jolig met lekkernye gevier.