
Deon Coetzee en Hanli Rolfes het Saterdagaand gaste by The Farmyard teater met Deon Opperman se produksie, My Sarie Marais trakteer. Die verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en woede is oortuigend aan die gehoor oorgedra. Almal het die aand terdeƫ geniet en sien reeds uit na die volgende produksie.


