
Danél Esterhuysen
SeunsHOKKIESPELERS van talle skole uit die provinsie het verlede week mekaar die stryd by die Hoërskool Pietersburg (PHS) in die Limpopo-finale en semi-finale aangesê.
Drie van PHS se vyf hokkiespanne is as wenners gekroon terwyl Heuwelkruin Kollege goed vertoon het deur die tweede span ore aan te sit.
Uitslae: PHS se eerste span wen 1-0 teen Stanford Lake College, PHS se o.16’s wen 5-4 teen Stanford Lake College, PHS se o.14’s wen 2-1 teen die Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal, Hoërskool Ben Vorster se o.15’s wen 3-0 teen Capricorn High School en Heuwelkruin Kollege se span wen 2-0 teen PHS se tweede span.


