
Danél Esterhuysen Die Limpopo rugbyfinale het Saterdag by die Hoërskool Pietersburg (PHS) se velde plaasgevind en is deur die Limpopo Blou Rugby Unie se skole-afdeling aangebied. Alhoewel PHS drie spanne in die finale gehad het, het hulle die wedstryde verloor ondanks puik spel. Volgens mnr Willie Schoeman, hoof van PHS speel al drie dié spanne die komende naweek in uitspeelwedstryde teen onderskeidelik Hoërskool Tuine en Hoërskool Oos-Moot van Pretoria. "PHS staan steeds ‘n goeie kans om deur te dring na die Beeld-trofee se kwarteindrondte. Ons nooi alle inwoners uit om ons spanne Saterdag op ons velde te ondersteun," het Schoeman gesê. Die uitslae vir grootskole in Limpopo was as volg: Eerste span - Ben Vorster 9, PHS 3 o.16 - Ben Vorster 18, Ellisras 3 o.15 – Ben Vorster 24, PHS 0 o.14 – Ben Vorster 17, PHS 13


