Warren Blunt
Die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) Limpopo het 22 spelers gekies as deel van ‘n amateurspan-groep wat ‘n wedstryd teen die Plattelandse span op 3 Julie speel. Die wedstryd sal na afloop van die Subunie-toernooi wat van 1 tot 3 Julie in Lephalale (Ellisras) plaasvind, gespeel word.
Nie een van die groep spelers is vir die Limpopo subunie-spanne verkiesbaar nie. Die span bestaan Charl Liversage, Christo van der Merwe, Johan de Beer, Theyman Jongbloed, Simba Mamese, Thabo Thladi, Pieter van Wyk Quintin Kotze, Jaco Strydom en Guan Nel (Noordelikes), Giepie Labuschagne, Jaco Swart, Thulani Matonsi, Rudi Grobler en Bobby du Plessis (Letaba), Andries Lediga, Gerrie Viljoen, André Visser en Shaun van Heerden (Pietersburg), Fritz Nel (Potgietersrus), JP Ferreira (Mogol) en Wiehan Uys (Louis Trichardt).