Kruinies mik na groen status



Heuwelkruin Kollege se vakansieklub, Klub Weg, het onlangs ‘n nuwe en opwindende inisiatief aangepak wat poog om dié spogskool groen status te laat verkry. Drie leerders en hul projekleier, mnr Manie Raath, fokus op herwinning op die kollegeterrein. Verskillende houers is aangebring vir verskillende soorte rommel as deel van die groen-projek. By Raath is Zumae Botma, Anelda Coetzer en Luzanne Bothma. Foto: Danél Esterhuysen