Kremetarte - die embleem van Lim



Danél Esterhuysen

 

Enorme kremetartbome is se-ker van die mees kenmerkende bakens van die Bosveld, veral in dié noordelike dele van Limpopo. Ry jy met die N1 tot die verste uithoek van die provinsie bly die pragbome jou waarskynlik die langste by.

Die Kremetart, die ondersteboboom wat soms ook die "aap-broodboom" genoem word, behoort tot ‘n genus van agt spesies, inheems tot Afrika, Australië en Madagaskar (ses spesies).  Die bome kom meestal in dele wat besonder droog is voor en kom hul waterprobleme te bowe deur hul verbasende unieke stamme en horisontale wortelstelsel. Die boom se fatsoen is so eienaardig dat ’n Arabiese legende dit wil hê dat "die duiwel die baobab uitgepluk, sy takke in die aarde gedruk en sy wortels in die lug gelos het’’.

Die water vir hier­die yslike reservoir kom van die wortels af, wat ’n enorme horisontale stelsel onder die grond vorm om elke druppel oppervlakvog op te vang.  Hoewel sommige bome enorm is, blyk die oudste wat in die Krugerwildtuin bestudeer is, nie ouer as 1 300 jaar te wees nie. Normaalweg leef dié bome sowat  1 500 jaar (ongeveer drie keer so lank soos ander boomspesies).

Kremetarte oorleef lank nadat hulle opgehou groei het en kan tot sowat 500 jaar bly voortleef. Kremetarte, veral langs die N1, het ongelukkig al dikwels onder vandale deurgeloop. ‘n Rits sterftes van die bome die afgelope tyd word toegeskryf aan ‘n onkruiddoder wat langs die hoofweg gebruik word. Die probleem is egter aangespreek.