
Mariëtte van de Werken Leerders, ouers en onderwysers van die Hoërskool Pietersburg (PHS) se opgewondenheid het geen keer geken toe hul Donderdagaand hul tradisionele Kardoesie op die planke gebring het nie. Me Heila Stoltz (nèe Genis) het die pop, Kardoes, in 1968 aan die skool geskenk en dié tradisie word jaarliks deur graadgroepe oorgedra. Die wenner van vanjaar se opwinding is die graad 9-groep wat bo almal uitgestyg en Kardoesie gewen het. Dié wenners het as graad 8-groep verlede jaar ook geseëvier en beplan om die gesogde prys tot in graad 12 te behou.


