Elna Esterhuysen
Die swak padtoestand en slaggate in The Cresent-straat in Bendorpark het inwoners die harnas ingejaag.
Daar was geen manier dat die pad gebruik kon word nie, en motoriste moes noodge-dwonge op die sypaadjie ry om hul huise te bereik.
Klagtes en oproepe aan die Polokwane Munisipaliteit het op dowe ore geval. Ten einde raad het die inwoners Donderdag die DA-raadslid, mnr Frank Haas geskakel. Tot hul verbasing was munisipale werkers Vrydagoggend reeds hard aan die werk om die pad te herstel.