Gymstars maak geskiedenis



Lesetja Malope

 

Gymstars het die naweek geskiedenis gemaak toe hulle tydens die Ritmies Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vlak 1 tot 3 met die meeste algehele wenners in die klub se geskiedenis huis toe gekom het. Die kompetisie is by die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg aangebied. Volgens die Gymstars afrigters, mee Lelanie Logtenberg en Elmien Landman het Gymstars in sewe ouderdomsvlakke deelgeneem en vyf eerste plekke behaal.

Lerato Modiba was die groot uitblinker van die kompetisie met ‘n algehele eerste plek in die vlak 2-afdeling vir ouderdomme onder elf jaar.

Foto: Gymstars-uitblinkers tydens die onlangse Ritmies Suid-Afrikaanse Kam­pi­oen­skappe vlak 1 tot 3 kompetisie. Agter is Mokgadi Thepa, me Lelanie Logtenberg (afrigter), Lizaan Oeschger en Lerato Modiba. Voor is Welmi Groenewald, Trecia Visser, Monéne Kelly and Ané Ehlers. Photo: Lesetja Malope