
Mariëtte van de Werken
Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het Vrydag in ware tradisie Internasionale Moedertaaldag by Oasis Lodge gevier.
Tradisionele dansers en digters het met gedigte in hul moedertaal luister aan die geleentheid verleen. Die gaste het die LUR van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, me Joyce Mashamba met luide toejuiging begroet waarna sy haar toespraak gelewer het. Sy het ‘n beroep op almal gedoen om mekaar in hul moedertaal te groet en so wedersydse respek te toon.
Haar toespraak is beëindig toe sy die gaste in sewe verskillende tale gegroet het.
Toekennings is aan die moedertaalpres-teerders van verskeie skole gemaak.

