Cravenweek-aksie



Die o.13A-Limpopo rugbyspan het teen die Westelike Provinsie in die Cravenweek te staan gekom en met 3-37 verloor. In hul wedstryd teen die Griekwas het hulle 27-5 gewen en ook die Grens se plattelandse distrikte op hul neuse laat kyk met ‘n 17-5 oorwinning. Hulle het algeheel sesde uit 18 deelnemende spanne geëindig. Hier is Michiel Lambrechts en Zivhya Malaudzi in aksie in die bitter koue Graaff-Reinet.


Foto: Voorsien