Canon staan agter Lim-blasers



JEAN AUCAMP
Die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging het onlangs hul jaarlikse bosberaad in Polokwane gehou en ook ’n welkome finansiële hupstoot vir die nuwe seisoen ontvang.
Johan Parsons, Canon Business Centre-direkteur, die vereniging se hoofborg het bevestig dat hulle vanjaar hul vennootskap met die skeidsregters gaan voortsit. As deel van die drie jaar lange vennootskap het Canon verlede jaar nuwe uitrustings aan die skeidsregters voorsien en verleen vanjaar finansiële hulp.
Parsons het herbevestig dat dit vir Canon ’n voorreg is om by rugby betrokke te wees en hulle sien uit na nog ‘n seisoen waartydens skeidsregters Canon se naam hoog gaan hou.

Foto: Jean Aucamp
Johan Parsons, Canon Business Centre-direkteur oorhandig nuwe uitrustings aan Johan Venter, voorsitter van die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereni-ging.