Betaal of spandeer dag ‘in tronk’


Mariëtte van de Werken

 

Me Corrinne Boshoff, streeksbestuurder van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) doen ‘n beroep op die stad se inwoners om hul hande vir die vereniging oop te maak en die Jail & Bail-projek te ondersteun. Op 30 Julie is groot pret aan die orde van die dag wanneer Kansa in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiemag, die stad se strate invaar en prominente sakemanne en –vroue summier agter tralies gooi tot die voorgestelde borg betaal is.

‘n ‘Landdros’ sal die borg toestaan nadat ‘n ‘regsprokureur’ en ‘aanklaer’ sake vir die beskuldigde gaan uitspook. Kansa hoop om op dié dag R50 000 in hul sakke te steek en nooi almal om hulle te skakel om ‘n vriend, familielid, werkgewer of kollega agter tralies te laat sit. Die verrigtinge skop om 08:00 by The Deck Family Restaurant se parkeerarea. Vir meer besonderhede, skakel Boshoff by 015 297 1268.