Audi-gholfdag suksesvol



RC Myburgh

 

Audi Polokwane het Vrydag hul jaarlikse Audi Quattro Gold Gholfdag aangebied.  Bykans 100 spelers het aan die 18de suksesvolle gholfdag deelgeneem Die nasionale eindronde word van 18 tot 20 Augustus by die Gary Player Country Club aangebied.

Volgens Audi verkoopsbestuurder, Marco Smith, bied Audi die dag vir hul huidige sowel as potensiële kliënte aan. "Ons doen dit vir bemarkingsdoeleindes en ook om so bietjie terug te gee aan ons kliënte," sê hy.

Hy beskryf dit as die beste gholfdag op die jaarlikse kalender omdat so baie spelers deelneem en vol lof is oor die dag. Audi Polokwane bied ook elke jaar groot pryse aan.  Smith het sy dank uitgespreek teenoor die spelers, Nico Koster en die Polokwane Gholfklub vir hul hulp om die dag ‘n sukses te maak sowel as die organiseerders, KMPY Corporate Golf.