
Mariëtte van de Werken
Ongeveer 700 opgewarmde atlete het Saterdag ietwat teleurgesteld gestaan en wag vir die afsitterpistool tydens die Modern Autohaus 4 in1-wedloop wat by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé begin en geëindig het.
Die verskoning was dat die verkeersdepartement nie betyds opgedaag het nie.
Die ligte reënbui wat uitgesak het kon gelukkig nie die organiseerders en deelne-mers se entoesiasme blus nie.
Toe die skoot uiteindelik klap, was daar geen keer aan hulle nie. Uitstekende tye is behaal en talle van die atlete in die 42.2 km-wedloop het vir die opkomende Twee Oseane- en Comrades ultramarathon gekwalifiseer.
Die organiseerders, Polokwane Atletiekklub (PAC) is tevrede met die sukses van die wedloop.
Uitslae:
21 km (ope-mans)
1. Desmond Mokgobu (1:08), 2. Ludwig Mamabolo (1:09) en 3. Nare Makgakga (1:13).
21 km (ope-dames)
1. Gladys Lukwarai (1:28), 2. Elizna Kotze (1:43) en 3. Greta Becker (1:48).
42.2 km (ope-mans)
1. Noko Leboko (2:29), 2. Rufus Photo (2:30), 3. Lucas Rasemthe (2:31).
42.2 km (ope-dames)
1. Jane Madau (3:11), 2. Marissa Potgieter (3:13), Joyce Mawarela (3:26).


