Almal lief Afrikaans


Elna Esterhuysen - Heuwelkruin Kollege se dramadepartement-leerders het met hul puik Tong en Taal-produksie, Die taal is gans die volk, Afrikaanssprekendes se harte verwarm. Onder bekwame spelleiding van mnr Jaco Joubert en me Marthie Herholdt het die leerders op ligte, humorryke en kreatiewe wyse die geskeidenis van Afrikaans herroep en sy diverse sprekers van kleure en stande verbeeld. Die besondere woordkunsprogram, as deel van Internasionale Moedertaaldagvieringe is Maandagaand weer op die planke gebring by die NG Kerk Bendorpark. Joubert het gesê die produksie is binne twee weke deur die entoesiastiese leerders voorberei. “Afrikaans kom van die mense wat dit praat. Die leerders het dadelik ingekoop en drome ‘n werklikheid gemaak,” het hy ter afsluiting gesê.