Afrika-sjiek vir enige vertrek


Mariëtte van de Werken
Martin Shawn van Huyssteen, eienaar van Practical Magic by The Farmyard Trading Post en die suksesvolle man agter Black Apple Design, het die stad se mense nuwe insig oor Afrika-materiaal en die gebruike daarvan gegee.
Van blinders met Afrika-tonele en -gesigte tot kussings met gekleurde springbokvel en vere is gebruik om pragtige en tydlose harmonie te skep.
Die foto’s is geneem by ‘n huis buite die stad wat hy en sy handige span in ‘n lushof omskep het.
Die gordyne, bedoortreksels en kussings, skilderye en bykomstighede spreek van tydlose Afrika tone.
Dié huis word deur die eienaars gebruik vir ‘n rustige naweek uit die besige stad. Hulle is in ekstase oor die moderne manier waarop dié topontwerper hul huis in ‘n aardse wegkruiphoekie omskep het.