full screen background image
STOP Limpopo-komiteelid, Hiadee von Well tussen Suidskoolleerders tydens die organisasie se onlangse besoek aan Suidskool.Foto: Verskaf

STOP skep bewusmaking by skool oor die realiteit van mensehandel

344

Plaaslike verteenwoordigers van Stop Trafficking of People (STOP) Limpopo het onlangs Pietersburg Laerskool besoek om bewusmaking oor die realiteit en gevare van mensehandel onder leerders te skep en so mee te werk om te verhoed dat Suid-Afrika ‘n mensehandel-gevaarpunt word.
Ter illustrasie is ‘n kort rolspelsituasie aangebied om aan leerders uit te wys hoe maklik hul gekul kan word en in die moeilikheid beland.
“Met skoolbesoeke gee ons vir elke leerder ‘n gebreide pop wat hul liggame voorstel om hulle te herinner dat elkeen uniek is en dat hul hul liggame moet oppas en hulself teen uitbuiters moet beskerm,” sê Hiadee von Well en Mariska Hyland, STOP Limpopo-komiteelede.
STOP beplan maandeliks ‘n besoek aan ‘n opleidingsinstansie wat kleuterskole tot universiteite regoor die provinsie insluit.
“Die basiese beginsels wat ons met jonger leerders deel is dat hul liggame hul eie is en niemand daaraan mag vat nie omdat ons hoop om met skoolbesoeke reeds op ‘n vroeë ouderdom nie net bewusmaking nie, maar ook voorsorgmaatreëls te help skep om ‘n impak op die samelewing te maak. Mensehandel, wat ‘n realiteit is, word op ‘n gevorderde, maar verstaanbare vlak met ouer leerders en studente behandel.”

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com