full screen background image
STOP Limpopo-vrywilligers saam met individue wat gehelp het om geld in te samel. Voor is Hiadee von Well, Vanessa Kruger, Nobza Java, Pauline Hamann en Corinne Sandenberg (stigter) van STOP. In die middel is STOP-vrywilligers, Lorette Bosch, Mariksa Hyland, Jenine Lombard (Mnr en Mej Sapa Yopa-organiseerder), Rynette van der Merwe, Charlotta Beukes en Dirk Markgraaff (NG Kerk Bendor). Agter is Matie Horn (NG Kerk Bendor) en Gerhard Franken (Battle of the Agents-organiseerder).

STOP sê dankie, sluit jaar af met middagete

450

Stop Trafficking of People (STOP) Limpopo het onlangs ‘n ete vir individue en organisasies gehou wat oor die afgelope jaar ‘n groot bydrae gemaak het deur geld vir dié organisasie in te samel. Dié organisasie het hul jaar terselfdertyd afgesluit.
Individue wat onder andere die geleentheid saam met STOP-vrywilligers bygewoon het is Matie Horn en Mark Markgraaff van die NG Kerk Bendorgemeente, Jenine Lombard, organiseerder van Mnr en Mej Sapa Yopa en Gerhard Franken, organiseerder van die Battle of the Agents.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com