full screen background image
Die o.16A-meisie hokkiespan is as Sportspan van die Jaar aangewys.

Sport-, kultuurpresteerders met trofeë beloon

504

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hoofprysuitdeling is onlangs in die skoolsaal gehou waartydens uitblinkers op sport- en kultuurgebied vir hul uitnemende prestasies vereer is.
Op die sportveld was die uitblinkers Chinique Brown (Atleet van die Jaar), Phil Fourie (Boogskut van die Jaar), Bjorn Nel (Fietsryer van die Jaar), Ruwan van der Watt (Gholfspeler van die Jaar), Christine Rossouw (Hokkiemeisie van die Jaar), Braam van den Heever (Hokkieseun van die Jaar), Derick Bezuidenhout (Jukskeispeler van die Jaar), Abigail de Jager (Junior Sportmeisie van die Jaar), Cor Muller (Junior Sportseun van die Jaar), Mericha Hattingh (Krieketmeisie van die Jaar), Tiaan Enslin (Krieketseun van die Jaar), Tewis Willemse (Landloopatleet van die Jaar), Hanré Willemse (Luggeweerskut van die Jaar), Zandri Swarts (Netbalspeler van die Jaar), Brandon Cronjé (Rugbyspeler van die Jaar), Theresa van Staden (Ruiter van die Jaar), Marcelle de Jager (Senior Sportmeisie van die Jaar), Keegan Menzies (Senior Sportseun van die Jaar), Ethan Anderson (Swemmer van die Jaar) en LJ Fick (Tennisspeler van die Jaar). Die Sportspan van die Jaar is die o.16A-hokkiemeisies.
Op kultuurgebied het die volgende leerders met die toptoekennings weggestap: Cara Coetzee (Top Kultuurpresteerder van die Jaar), Aicha Mengouchi en Izelna Venter (Junior Kultuurmeisie van die Jaar), Jacques Pennels (Junior Kultuurseun), Cara Coetzee (Senior Kultuurmeisie van die Jaar) en Gerhard Maré (Senior Kultuurseun van die Jaar).

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Chinique Brown is as Atleet van die Jaar aangewys.

Phil Fourie is Boogskut van die Jaar.

Bjorn Nel is Fietsryer van die Jaar.

Die Gholfspeler van die Jaar is Ruwan van der Watt.

Christine Rossouw is aangewys as Hokkiemeisie van die Jaar.

Braam van den Heever is Hokkieseun van die Jaar.

Derick Bezuidenhout, Jukskeispeler van die Jaar.

Krieketmeisie van die Jaar is Mericha Hattingh.

Abigail de Jager as Junior Sportmeisie van die Jaar.

Cor Muller is junior Sportseun van die Jaar.

Die Krieketseun van die Jaar is Tiaan Enslin.

Tewis Willemse as Landloopatleet van die Jaar.

Hanré Willemse is Luggeweerskut van die Jaar.

Zandri Swarts is Netbalspeler van die Jaar.

Brandon Cronjé, Rugbyspeler van die Jaar.

Senior Sportseun van die Jaar is Keegan Menzies.

Theresa van Staden is Ruiter van die Jaar.

Marcelle de Jager is Senior Sportmeisie van die Jaar.

Ethan Anderson in Swemmer van die Jaar.

LJ Fick is Tennisspeler van die Jaar.

Gerhard Maré is Senior Kultuurseun van die Jaar.

Die top Kultuurpresteerder van die Jaar is Cara Coetzee.

Aicha Mengouchi en Izelna Venter deel die trofee as Junior Kultuurmeisie van die Jaar.

Jacques Pennels is Junior Kultuurseun van die Jaar.