full screen background image

Sowat 400 dames se vonkeloggend ten bate van Wiele500

1330

ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Mathys Roets, Erik Holm en die Exclusive Properties-span. Regs voor is Michelle Engel-brecht (prinsipaal). Agter is Cornel Venter, Erika Retief, Marlene Brandt, Riana Vorster en Marianna Malan.

Mathys Roets, Erik Holm en die Exclusive Properties-span. Regs voor is Michelle Engel-brecht (prinsipaal). Agter is Cornel Venter, Erika Retief, Marlene Brandt, Riana Vorster en Marianna Malan.

“Dankie dat julle hier is om liefde en samesyn met mekaar te deel, maar bo alles besig is om ‘n verskil in mense se lewens te maak wat jy dalk nooit eers gaan ontmoet nie. Só help julle mee om dié mense se horisonne te verbreed,” het die bekende akteur Erik Holm gesê toe hy die sowat 400 vroue wat Saterdag se damesoggend bygewoon het as seremoniemeester verwelkom het.
Die elegante geleentheid is deur Exclusive Properties en Freshwell ten bate van die Wiele500-trust by Grincourt in ‘n massiewe tent, wat op die lowergroen grasperk opge-slaan is, aangebied en die besondere piekniekete is in houtkissies bedien.
Gaste is oorlaai met geskenke en gelukkige trekkings het deurentyd plaasgevind.
Mathys Roets, Wiele500-ambassadeur het gesê: “Danksy Wiele500 kan mense in rolstoele ten volle leef en dinge doen. Elke gas wat vandag teenwoordig is, help om vir iemand anders hoop te gee.”
Roets het ‘n paar van sy treffers gesing wat die hartsnare laat roer het.
Die stigter van Wiele500-trust, Marlene Calitz, het vertel van haar gesprek met die Here na hul seun, Cornelius se skielike dood in Januarie 2014 en gesê die Here ken jou hart. “Jy mag sê dat jy kwaad of ontsteld is, want God wil hê jy moet jou bekommernisse en hartseer vir hom gee en aangaan met jou lewe.”
Stefan Ludik, akteur en sanger van die groep, Elvis se Seun, het nie net die gaste se voete laat jeuk nie, maar hul lekker laat saamsing. Holm het Ludik selfs ‘opgeveil’ en gaste het lag-lag nog ‘n verdere R17 375 opgedok benewens die opbrengs uit die kaartjieverkope.
“Ons stoutste verwagtinge is met die funksie oortref. Opregte dank aan almal wat onvoorwaardelik gehelp het,” het Michelle Engelbrecht, prinsipaal van Exclusive Properties gesê.

Erik Holm en sy helper, Moshe Tlaatla.

Erik Holm en sy helper, Moshe Tlaatla.

Marlene Calitz, Stefan Ludik en Michelle Engelbrecht.

Marlene Calitz, Stefan Ludik en Michelle Engelbrecht.

Koba Maritz, Stefan Ludik en Elsie Klopper.

Koba Maritz, Stefan Ludik en Elsie Klopper.

Heidi J van Vuuren en Zarika Vermaak.

Heidi J van Vuuren en Zarika Vermaak.

Carli Joubert, Leony Horn en Sam Vogel.

Carli Joubert, Leony Horn en Sam Vogel.

Riana van der Merwe en Jeanne Bergh.

Riana van der Merwe en Jeanne Bergh.