full screen background image
Grandmark-takbestuurder André Booyens, voor, spog met sy veelkleurige kapsel terwyl kollegas Elvis Musekwa, Dylan Martin, Japie van Deventer, Christopher Combrink (Kansa Limpopo gemeenskapsmobiliseerder) en Stephen Senyolo, agter, hom ondersteun.

Shavathon samel geld in vir Kansa Limpopo

361

Personeel en gaste van Grandmark in die stad het Vrydag geesdriftig aan Kansa Limpopo se shavathon wat op hul perseel aangebied is, deelgeneem en hoewel die hare nie gewaai het nie, het veelkleurige kapsels tot die gesellige atmosfeer om ‘n braaivleisvuur bygedra.
Kansa Limpopo se gemeenskapsmobiliseerder, Christopher Combrink het die bestuur van Grandmark bedank vir hul bereidwilligheid om as gasheer vir die shavathon op te tree en ‘n beroep op ander besighede en skole gedoen om hul voorbeeld te volg. “Die shavathons is ‘n bron van inkomste vir Kansa en elke bydrae maak ‘n verskil en is ook deel van Kansa se bewusmakingsveldtog,” sê Combrink.
Die volgende shavathon word op 20 Maart by Hoërskool Pietersburg aangebied gevolg deur Northern Academy in Suidstraat op 4 April en tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se Bosveld Intervarsity op 16 Mei.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com