full screen background image
Dené Bierman (6) spog met haar toekennings wat sy gedurende die jaar in WMG verwerf het.

Sesjarige Dené Bierman ryg medaljes in met perdesport

233

Dené Bierman, van Curro Heuwelkruin se passie vir Western Mounted Games (WMG) pas goed by die gesegde, klein botteltjie, groot gif omdat sy vanjaar as sesjarige vir die eerste keer kompete­rend begin deelneem het en reeds met ‘n ryk medalje-oes spog.
Tydens die onlangse nasionale WMG-kampioenskappe in Parys het sy aan 15 dissiplines deelgeneem en ‘n algehele derde plek in vlak 0 verower. Gedu­ren­de die jaar het sy aan vier kwalifiserende rondes in die provinsie deelgeneem en telkens seges behaal wat vir haar ‘n plek in die Limpopospan verseker het.
WMG is ‘n vinniggroeiende sport met toene­mende belangstelling onder oud en jonk wat uit verskeie dissiplines bestaan waar perd en ruiter se verhouding, akkuraatheid en spoed getoets word.
Die dissiplines bestaan uit etlike take wat in die vinnigste tyd met die minimum aantal foute voltooi moet word.
“Ek geniet dit baie en ry al vandat ek twee jaar oud is omdat ek so lief vir perde is,” sê Dené.
Haar 13-jarige suster, Nie-marié, wat ook goed in WMG presteer, is haar rolmodel. “Ek wil beter doen as sy en kan nie wag om met my perd te leer spring nie.”

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com