full screen background image
Polisie op die toneel by Elegant Fuel waar sekuriteitswagte vroeër beroof is.

Sekuriteitswagte by vulstasie in stad oorrompel, beroof

189

Sekuriteitswagte wat geldkaste by Elegant Fuel op die hoek van Marshall- en Websterstraat opgelaai het, is Dinsdagoggend deur gewapende skurke beroof.
Volgens die eienaar van die vulstasie, Frank Hislop het die voorval ongeveer 10:15 gebeur toe sekuriteitswagte van die Fedility Security Group opgedaag het om geld op te laai.
“Die wagte het by die winkel ingestap en die eerste stel geldkaste geneem en in die geldwa gelaai waarna hulle teruggekeer het om die tweede stel te kry. Toe hulle by die winkel uitstap, het die rowers hulle oorval, die kaste gegryp en in ‘n silwer Volkswagen Golf gevlug,” sê Hislop. Die voertuig het blykbaar vervalste registrasienommers.
Hy vermoed daar was ongeveer drie of vier verdagtes betrokke. Geen skote is gevuur en niemand is beseer nie. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe kon nog nie die voorval bevestig nie.

Storie & foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Foto van die silwer Volkswagen Golf waarin die skurke gevlug het.