full screen background image

Seeff Polokwane se pamperlang­bederf vir Martha Hofmeyr

1239
Lourens The Storyteller sing bekende liedjies.

Lourens The Storyteller sing bekende liedjies.

Hennie Hattingh sê hy het die teeparty en geskenke baie waardeer.

Hennie Hattingh sê hy het die teeparty en geskenke baie waardeer.

Oliver Moorcroft en Phillip Schoeman skink tee.

Oliver Moorcroft en Phillip Schoeman skink tee.

Rencha en Jack Pietersen geniet die teepartytjie. Hulle is al 63 jaar getroud.

Rencha en Jack Pietersen geniet die teepartytjie. Hulle is al 63 jaar getroud.

MARKI FRANKEN

“Sing us a song you’re the piano man, sing us a song tonight. Well we’re all in the mood for a melody and you’ve got us feeling alright.”
Soos wat die laaste woorde van Billy Joel se bekende ‘Piano Man’ weggesterf het, het die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes Vrydagoggend luidkeels vir Lourens The Story Teller toegejuig.
Lourens het die oumense vermaak tydens Seeff Polokwane se uitreikprojek waartydens die inwoners van die tehuis bederf is.
Die agente, werknemers en vrywillgers het die bederfdag begin deur die senior burgers se naels en hande te versorg, naels te knip en room te smeer.
Elke inwoner het ook geskenke, geborg deur ooba Bond Originators, gekry asook ‘n kombers, wat deur Seeff geskenk is.
Daarna het hulle aangesit vir ‘n heerlike teepartytjie met koek geborg deur Baker’s World en kolwyntjies deur Bokkie van Kraayenburg gekoop.
Tydens die teepartytjie het die Seeff-personeel en vrywilligers inwoners met koffie en tee bedien en fluks koek aangedra. Die span het uit hul pad gegaan om elke gas gemaklik te laat voel en seker te maak dat elkeen genoeg eetgoed het.
Hulle het selfs na die inwoners wat bedlêend was se kamers gegaan om ook húlle dag op te kikker.
Terwyl hulle gesmul het, het Lourens The Storyteller die seniors vermaak met ou bekende deuntjies uit vervloë dae. Die gehoor het geesdriftig saamgesing wanneer hulle die liedjies geken het en hom na elke liedjie met ‘n warm applous en toejuiging beloon.
Anda-Lucia Jordaan, wat die projek namens Seeff gereël het, het verduidelik dat Seeff se personeel graag iets vir die gemeenskap wou doen.
“Ons het besluit om uit te reik na die oue­tehuis, want ons wou vir die ouer garde wys dat ons nog baie vir hulle omgee en dat hulle nie vergete is nie.”