full screen background image

Sean Pappas sterf na hartaanval

1084

RC Myburgh

‘n Roudiens word vandag (Donder-dag) om 14:00 by Protea Hotel Ranch Resort Golf Course and Academy se klubhuis vir die ontslape Sean Pappas gehou.
Pappas, ‘n bekende professionele gholfspeler en direkteur van Protea Hotel Ranch Resort se gholfklub is Sondagoggend na ‘n hartaanval oorlede.
Pappas is die oudste van drie broers en is in 1966 in Phalaborwa gebore. Hy het in 1990 professioneel begin gholf speel en vanaf 1993 aan die gesogte Sunshine Tour deelgeneem waar hy vyf keer koning gekraai het.
Hy het ook aan meer as 230 toernooie in Suid-Afrika deelgeneem.
Pappas het in 2010 by Protea Hotel Ranch Resort se golfklub aangesluit waar hy die direkteur van die Golf Academy en Executive Golf Course was.
Hy laat sy vriendin, Sue Bohlmann en twee kinders, Dwayne en Alethea agter.