full screen background image

Scheepers-broers steeds aangehou, later weer in hof

451

Die gevreesde Scheepers-broers, wat ongeveer twee weke gelede in die stad onderskeidelik op aanklagte van rooftog en diefstal vanuit motorvoer­tuig aangekeer is, bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning.
Maphure Manamela van die provinsiale polisie se mediasentrum het bevestig dat Baden Scheepers Maandag borgtog in die Polokwane Landdroshof geweier is waarna die saak tot 23 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel is.
Aden sal na verwagting Maandag weer in die hof verskyn om met sy borg­aansoek voort te gaan.
Die twee broers word volgens inligting glo met meer as 100 sake wat van moord tot diefstal wissel verbind. Hulle word blykbaar ge­reeld deur die polisie aangekeer, maar om een of ander rede telkens vrygelaat.
Manamela het verlede week bevestig dat die
broers se onlangse arrestasies onderskeidelik met klagte van rooftog en diefstal vanuit motorvoertuig verband hou.