full screen background image

Savannah Mall Indoor School Race verdriedubbel in jaar

670

RC Myburgh

Die avontuurryke Savannah Mall Indoor School Race is Vrydagaand vir die tweede jaar aangebied waartydens deelnemers die hysbak of roltrappe op dele van die roete moes gebruik.
Dit is duidelik dat die wedloop net groei. Verlede jaar het slegs 10 leerders- en een onderwyserspan ingeskryf. Vanjaar het 29 leerders- en vier onderwyserspanne mekaar die stryd in Savannah Mall se gange en parkeerarea aangesê. Pietersburg Laerskool en Hoërskool Pietersburg (PHS) het hul titels as 2014-hoërskool- en laerskoolkampioenne suksesvol verdedig. Curro Heuwelkruin en Pietersburg Comprehensive School (PCS) was tweede.
“Die wedloop sorg jaarliks vir groot pret en vanjaar was die groot getal inskrywings vir ons ‘n groot verrassing. Ons het verlede jaar slegs twee wisseltrofeë vir die hoër- en laerskoolwenners gehad, maar vanjaar kan ons danksy borge ‘n verskeidenheid gelukkige trekkingpryse ook weggee. Ons is dankbaar dat Polo-kwane Atletiekklub jaarliks die wedloop se sukses verseker. Ons hou die wedloop ter vie-ring van Jeugweek en probeer om meer leerders by sport en veral atletiek of landloop betrokke te kry,” sê Karen Botha, Savannah Mall se bemarkingsbestuurder.