full screen background image
Misha Piek en Zané Barnard met hul toekennings as tweede en derde beste kinderruiters. Saam met hulle is Gerrit Smit wat dié toekennings gemaak en oorhandig het.

Ruiters vir prestasies in uithouritte vereer

259

Tydens Saterdagaand se jaar­eindfunksie en prysuitdelings­geleent­heid van Capricorn Uithou­ritklub is trofeë en toekennings aan ruiters wat gedurende die seisoen uitgeblink het, oorhandig.
Leoné de Kok se uitstekende prestasie het aan haar twee spesiale toekennings besorg: as Junior Ruiter en Kampioenruiter van die Jaar sowel as ruiter wat die meeste kilometer (844 km) afgelê het.
Die Kinderruiter van die Jaar is Lente Schutte wat ook die toekenning as Ruiter/Perd-kombinasie van die Jaar ontvang het. Sy is ook saam met Zané Barnard en Misha Piek vereer vir hul deelname aan South African National Equestrian School Association (Sanesa) se nansionale kompetisie waar hulle Limpopo verteenwoordig en algeheel eerste geëindig het.
Yolandi Boon het ook ‘n spesiale toekenning vir uitnemende prestasie ontvang omdat sy Springbokkleure verwerf het.
Suné Piek is die senior
liggewig Ruiter van die Jaar, Werner Kenmuir, senior stan­daardgewig Ruiter van die Jaar. Rudi van Dyk het die Spirit of Endurance-toekenning vir sy onbaatsugtige bydrae tot die klub op alle gebiede ontvang.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Leoné de Kok is junior Ruiter sowel as Kampioenruiter van die Jaar en het die meeste kilometer op haar perd afgelê (844 km).

Rudi van Dyk met die Spirit of Endurance-trofee vir sy onbaatsugtige bydrae tot die klub.

Die senior standaardgewig Ruiter van die Jaar is Werner Kenmuir.

Senior swaargewig Ruiter van die Jaar, Jan Bouwman.

Misha Piek, Yolande Boon en Zané Barnard met hul spesiale toekennings.

Kayla Hairbottle is die naasbeste junior ruiter.