full screen background image
Ruiters van Marné Ebersohn Akademie bedank Limpopo Toyota. Voor is Haley Pretorius, Michaela Partridge en Heinrich Jannasch. Agter is Japie van Deventer, ouerverteenwoordiger, en Richard Pretorius, verteenwoordiger van Limpopo Toyota. (Foto: verskaf)

Ruiters ontvang ruim skenking

93

Die Ruiterkunsspan van Marné Ebersohn Akademie het onlangs ‘n stel sakke waarin hul toerusting gehou kan word, van Limpopo Toyota ontvang.
Afrigter Christine Pretorius sê dat die bystand van besighede en ouers vanuit die gemeenskap van onskatbare waarde is. Toerusting is baie duur en en die span waardeer die bydrae van Limpopo Toyota opreg,” sê Pretorius.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com