full screen background image
Henco Botha van Kruinies se o.16-span maak gereed om sy opponent te keer.

Rugbybulle van Kruinies ploeg met Eric Louw

237

Goeie skolerugby was weer aan die orde van die dag toe Curro Heuwelkruin se o.14-, o.16- en eerstespan tydens Saterdag se ligawedstryde vir Hoërskool Eric Louw van Musina laat les opsê het.
Alhoewel die o.14-span verloor het, het hulle vyf ligapunte na hul kragmeting verdien. Die o.16-span het met hul 45-19 oorwinning vir ‘n opwindende voorskou vir die eerstespan gesorg wat hulle wedstryd met ‘n wegholsege van 93-22 gewen het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Mahluri Mkansi van Kruinies se o.16-span word gestuit.

Kruinies se o.14-speler, Nkomane Nasebe, bars deur die verdediging.

Kruinies se o.16-speler, Werner Kotze, wen veld.