full screen background image
Inwoners van Our Home/Ons Tuiste met Rotariër Richard Wilson, naasregs, by die rose en koekies wat op Moedersdag uitgedeel is. (Foto: Barry Viljoen )

Rotariërs bemoedig seniors op Moedersdag

272

Moedersdag was verlede Sondag ‘n ligpunt in die tyd van inperking vir inwoners van Our Home/Ons Tuiste toe lede van die Rotariërklub van Pietersburg 100 rose en koekies uitgedeel het.
Die rose is deur Marlo Boerdery en die koekies deur Dirk Liebenberg geskenk en senior burgers is toegelaat om in groepe nader te staan om rose in die kleur van hul keuse uit te soek.
Een van die inwoners, Jeanette Coetser, het dié bederf opgesom: “Baie dankie vir alles wat julle vir ons doen in hierdie inperktyd. Julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Dankie vir die liefde wat julle in ons lewe terugsit wanneer ons kinders ver is en julle hul plek volstaan. Dankie dat my kinders weet ek het genoeg om te eet omdat julle sorg. What can I say? God bless you and yours for not forgetting us in this time. We really, really appreciate you,” was die boodskap wat sy aan die Rotariërs gestuur het.
President van die Rotariërklub, Horst Meyer, het beklemtoon dat die inwoners en sakelui van Polokwane en die omliggende boeregemeenskap se bydraes dit vir die Rotariërs moontlik maak om na sorgbehoewenes uit te reik.
“Geen bydrae is te klein nie en elkeen kan ‘n deel bydra om die nood te verlig,” meen Meyer.
Meyer kan by 072 616 3339 gekontak word en die klub is bereid om skenkings af te haal. Donasies kan ook deur middel van die klub se bankrekening gemaak word by Nedbank Polokwane, rekeningnommer 1411382315 met bankkode 141 148. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com