full screen background image
Rolf Wiers voor die hof waar hy tydens die borg­aansoek van die Wiers-gesin se tuinier, Alfred Hlongwane getuig het. (Foto: RC Myburgh)

Rolf Wiers sê tuinier lieg

911

Rolf Wiers, eggenoot van die vermoorde Tanya Wiers het gister (Woensdag) in die Polokwane landdroshof tydens een van die verdagtes, Alfred Hlongwane se borgaansoek getuig en vertel hoe hy ‘n sekuriteitswag moes kry om die nag na die moord oor die gesin se huis te waak.
Hy het Hlongwane se bewering dat daar meer as een tuinier vir die gesin gewerk het verwerp en gesê dat hy slegs vir Hlongwane verlede jaar September aangestel het en dat Tanya nooit iemand sonder sy medewete in diens sou neem nie.
Rolf, wat die getuiebank net na Hlongoane se vrou, Catherine Lemekoane betree het, het ook gesê dat Hlongwane slegs op Woensdae gewerk het en dat Tanya die enigste afstandbeheerder vir die huis se elektroniese hek gehad het.
Lemekoane het tydens haar getuienis gesê Hlongwane het die Maandag voor die moord glo baie bier gedrink en het byna die hele Dinsdag geslaap. Sy het ook getuig dat sy nie die eerste verdagte, Frans Maela ken nie en hom nog nooit gesien het nie.
Die oudste van die Wiers-kinders, Bianca, was by die hof om haar pa te ondersteun. Dit is die eerste keer dat een van die kinders die hofverrigtinge bywoon.
Hlongwane is onlangs gearresteer nadat Maela hom glo in ‘n bekentenis by die moord geïmpliseer het.
Wiers is op 7 Februarie wreed vermoor nadat sy herhaaldelik met ‘n skêr en ‘n mes in die gesig, kop, nek, skouers en hande gesteek is en haar oë verwyder is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Alfred Hlongwane, die Wiers-gesin se tuinier se borgaansoek is gister (Woensdag) in die Polokwane Landdroshof voortgesit.