full screen background image
Lede van Polokwane Ringtennisklub pryk in hul nuwe wedstrydhemde. Voor is Ané van Dyk, Ruvé Erasmus, Carla Craig, Marcé Stróh en Marizelle le Roux. Agter is Evert Potgieter, Richter van Tonder, Henno Brits, Heleen Potgieter en Emelia Olley.

Ringtennisklub spog met nuwe borg

157

Polokwane Ringtennisklub is ge­reed vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat om die draai is, danksy ‘n ruim borgskap van BB Polokwane UD Trucks, voorheen bekend as BB Truck and Tractor en deel van die BB Motorgroep. Die span spog met splinternuwe wedstrydhemde wat hulle van dié handelaar ontvang het.
Die kampioenskappe vind van 27 April tot 1 Mei in Vanderbijlpark plaas en die span van Polokwane sal teen spanne van Sedibeng, Mpumalanga, Gauteng-Noord en Gauteng Sentraal te staan kom. Na die afloop van die toernooi sal die Suid-Afrikaanse span aangekondig word.

Storie en foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za