full screen background image
Jakaranda Ringbalspan se Pieter Kruger speel vinnig die bal na sy spanmaat in die provinsiale ligawedstryde wat Saterdag in Polokwane gespeel is.

Ringbalspelers beïndruk tydens provinsiale ligawedstryde

83

Junior- en seniorringbalspe­lers van regoor Limpopo het Saterdag op die stad se ringbalbane bymekaar gekom om aan provinsiale ligawedstryde deel te neem.
Spanne van Polokwane, Tzaneen, Lephalale en Haenertsburg het mekaar die stryd aangesê.
Tzaneen Ringbalklub was die gunsteling onder die juniorspanne wat al drie hul wedstryde gewen het terwyl Jakaranda Ringbalklub van Polokwane in twee van die drie wedstryde die oorhand kon kry.
In die seniorvroue-afdeling het die Survivors Ringbalklub van Haenertsburg se A1-span in al drie wedstryde die botoon gevoer. In die seniormans-afdeling het spelers mekaar opgekeil met Parke Ringbalklub, Jakaranda en Mogol Ringbalklub wat elk een wedstryd gewen het terwyl Tzaneen in twee wedstryde die spit moes afbyt.
Tellings wat uitgestaan het was tussen Mogol se mans A-span wat Jakaranda met 80-16 laat les opsê het en Jakaranda se vroue A-span wat die Survivors met 70-18 verslaan het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Juané Kruger speel vir Jakaranda en staan uit op die baan.

Hanrese Els van Parke soek ‘n gaping.

Ian Fouché van Jakaranda strek na agter vir ‘n lang aangee.

Parke-speler, Denae Rossouw wag vir die regte oomblik om die bal aan te gee.

Liandri van Vuuren konsentreer om ‘n doel vir Jakaranda te gooi.

Diané le Roux speel vir Parke Ringbalklub.